Stuur 'n e-pos

E-pos 

Kamp Wasser Sand

Aandag alle Vories!

Dis weer daai tyd van die jaar!

Dis Nasionale Jeugberaad!

Hierdie jaar vertrek ons na die ongerepte skoonheid van Namibië. Met 'n bus vol verkenners verken ons saam die Namibiese kuslyn en doen die woestyn kenteken.

Waar : Swakopmund, Namibië

Wanneer : 27 April – 5 Mei

Kostes (Suid-Afrika) : R3300 – 'n Deposito van R 1000 is, betaalbaar teen 10 Maart (Volle bedrag betaalbaar teen 10 April) Hierdie bedrag sluit die vervoerkoste op die bus, kampkoste en alle etes in. Jy is self verantwoordelik vir die koste om van waar jy bly tot by die busroete te reis. Daar is vanweë logistieke oorwegings slegs plek vir 58 Suid-Afrikaanse verkenners. Die eerste 58 Suid-Afrikaanse verkenners wat inskryf en hulle deposito betaal kan saamgaan. Indien die bus nie vol is nie (58 verkenners en 2 busoffisiere) sal die toer vanweë finansiële omstandighede nie kan voortgaan nie, en sal jou deposito volledig aan jou terugbetaal word.)
(Namibië) : R1500 – 'n Deposito van R1000 is betaalbaar teen 10 Maart (Volle bedrag betaalbaar teen 10 April) Daar is vanweë logistieke oorwegings slegs plek vir 40 Namibiese verkenners. Die eerste 40 Namibiese verkenners wat inskryf en hulle deposito betaal kan saam kamp.

Tema : Bou ABC sandkastele

Vereistes (Suid-Afrika) : 'n Geldige paspoort

Inskrywingsvorm VK 2012

NJBR bemarkingsbrief_2012

Nuus Flits
Hw/Pw vir 2013
------------------------
Hw Afrondings Nwk inskrywing
------------------------
Kenteken Naweek
Mooikrans
27 April – 1 Mei 2012

------------------------
Kamp Wasser Sand
 
Kaapland
 
 
Transvaal
 
Vrystaat
 
Staatmakers
 
Facebook