|
Kyk bietjie wat doen die Vrystaat Jeugraad
Doelwitte
Bekendstelling by skole, ouers en PD’s (Voorslagkamp).
Vrystaat – die gebiedsjeugraad het ook die PD – kamp bygewoon en 'n lekker, lawwe voorlegging gehou. Hulle het tydens die naweek ook 'n fotografie kentekendag aangebied en kon dus vir die PD’s ook lekker foto’s wys van Verkenner kentekens en hoe dit aangebied word. Baie positiewe terugvoer is oor dié voorlegging gegee.
Somerkamp
Vrystaat – 'n Kamp vir Voortrekker en nie-Voortrekker graad 7’s word vir November beplan. Die doel is om die Voortrekkers aan te moedig om aan te hou met Voortrekkers in die hoërskool en om nie-Voortrekkers bekend te stel en moontlik te werf vir Verkennerlewe. Die kamp word deur Werk – en Wen se graad 11’s gehou – 'n kamp aangebied deur tieners vir opkomende tieners!
Gesamentlike aksies tussen Voortrekkers en nie-Voortrekkers
Vrystaat – Die kamp van November is vir beide Voortrekkers en nie- Voortrekkers en ons hoop dat dié twee mekaar in Verkennerlewe sal vind.
Inligting oordra aan volgende gebiedsjeugrade
Vrystaat – die gebiedsjeugraad het al die kontakbesonderhede van hulle oorde se komandoleiers- en jeugleiers in 'n lêer geliasseer sodat die volgende gebiedsjeugrade dit kan benut.
|