Dis weer hierdie tyd van die jaar – tyd vir die GROOT AVONTUUR.
Hierdie jaar het ons besluit om die avontuurdag met 'n "twist" aan te bied. Die avontuur dag gaan 'n "amazing race" wees. Die spanne moet uit 'n minimum 3 en maksimum 6 verkenners bestaan, maar bring gerus nie-voortrekkers saam as deel van jou span. Die resies sal aktiwiteite soos: boogskiet, skyfskiet, kaskar en nog meer insluit.
Koste: R 120 per persoon
Plek: The Island Estate GPS: 25˚ 46' 15.48" S 27˚ 51' 5.67" O
Tyd: 09:00 – 17:00
Daar sal 'n snoepie wees as jy 'n lekkerny wil hê. Daar sal ook 'n waterglybaan wees waar jy kan afkoel. Dus maak gereed om nat te word.
Inskrywings sluit 20 Februarie 2012. Alle inskrywings en bewys van betaling moet na Die Gebiedskantoor gestuur word (transvaal@voortrekkers.org.za of per faks na 0866139934).
Inligtingsbrief Avontuurdag 2012 Inskrywingsvorm 2012
L11 Nie-Voortrekkers vrywaring.pdf Padaanwysings na The Island Estate.pdf
|