Stuur 'n e-pos

E-pos 

Wat sê die Verkenners

Polsslag 2010:

Die nasionale jeugberaad 2010 het ’n groot slag geslaan vir Die Voortrekkers met die tema: Polsslag 2010.  Vrae word deurentyd gevra rondom die dalende getalle en hoekom die beweging nie die behoeftes van die jeug aanspreek nie.  Daar word ook herhaalde kere gesê dat die volwassenes moet luister na die jeug se opinie.  Na aanleiding hiervan het die Nasionale jeugraad 2009/2010 besluit om die volgende 4 vrae aan te spreek tydens die nasionale jeugberaad – vir al die volwassenes wat wil luister...

1. Wat laat jou hart klop?  (Waarvan hou jy in Die Voortrekkers?)

  • Die Voortrekkers bied aan jeuglede ’n unieke geleentheid om te kuier saam met mense met dieselfde waardes.
  • Hier het jy ook die geleentheid om jouself te kan wees en aanvaar te word vir wie en wat jy is.  Persone word hier minder beoordeel en veroordeel teenoor ander instansies of verenigings.
  • Kampe en die aanbiedings wat plaasvind is gebalanseerd tussen die A, B en C.  Dit gee jeuglede die ruimte om holisties te ontwikkel tot ’n gebalanseerde volwassene.
  • Al die opwinding en avontuur is natuurlik ’n pluspunt.
  • Die Voortrekkers bied geleenthede aan alle lede wat jy nie in ander verenigings sou kon ervaar of sou kon bekostig nie.
  • Deur middel van die ervarings en aktiwiteite wat Die Voortrekkers bied, word lewensvaardighede aangeleer waaroor nie-Voortrekkers nie beskik nie.
  • Deur jare van Voortrekkerwees leer jy jouself baie beter ken en ontdek jy telkemale iets nuut oor jouself.
  • Ervarings en geleenthede in Die Voortrekkers ondersteun jou in die proses om ’n volwassene te word wat verantwoordelikheid kan aanvaar en opdragte/take suksesvol kan uitvoer.
  • Oorlewingskampe…
  • In hierdie veilige omgewing kan jy jouself uitbeeld op jou unieke manier.

2. Wat laat jou brein vrot in Die Voortrekkers? (Wat is vir jou sleg?)

  • Die Afrikaanse taal wat deur al hoe meer deur lede gemeng word en die gebruik van vloekwoorde.
  • Offisiere wat Verkenners soos kleintjies hanteer en so laat voel.
  • Die Voortrekkers se kommunikasie stelsel wat nie belangrike inligting aangaande Verkenneraktiwiteite betyds en korrek aan Verkenners versprei nie.
  • Kampe waarop daar net lesings aangebied word en wat geen avontuur of lekker dinge bevat nie.
  • Vervelige spanbyeenkomste of byeenkomste waar daar niks gedoen word nie.
  • Offisiere op kampe wat nie goed genoeg opgelei is om met Verkenners te werk nie.  Die ouderdom van die offisiere is nie so belangrik soos die feit dat die offisiere graag met die Verkenners wil werk en goed opgelei is om dit te doen nie.
  • Verkenners het ’n behoefte aan meer nasionale en internasionale kampe waar hulle die geleentheid gebied word om met Verkenners uit ander gebiede te sosialiseer.

3. Wat laat jou fibrileer? (Wat laat mense Voortrekkers los?)

  • Klein kommando’s waar Verkenners gebruik word om na PD’s te kyk en waar daar net gefokus word op PD’s.  In sulke kommando’s word daar gewoonlik nooit aparte aktiwiteite vir Verkenners aangebied nie.
  • Verkenners wat bang is vir die HW/PV proses.
  • Mense wat Verkenners afkraak omdat hulle dink Die Voortrekkers is oudtyds.
  • Verkenners wat van mening is dat Voortrekkers te veel van hulle tyd opneem.
  • Kommando’s waar daar niks aangaan nie.

4. Hoe bemark jy Die Voortrekkers?

  • Verkenners is gefrustreerd daarmee dat hulle sukkel met bemarkingsaksies in die kommando, aangesien offisiere van mening is dat kinders dit nie kan  reël nie.  In sulke kommando’s het Verkenners al moed opgegee en is dan nie meer betrokke by bemarking nie.
  • Verkenners is onder die indruk dat slegs jeugleiers bemarkingsaksies kan reël.

Indien jy as Verkenner nog enige gedagtes hier wil byvoeg, stuur asseblief e-pos aan verkenner@voortrekkers.org.za.  Noem asseblief in jou e-pos jou naam en van, graad en kommando -  dit sal vertroulik hanteer word en slegs die gedagtes sal by die inligting gevoeg word.

Nuus Flits
Hw/Pw vir 2013
------------------------
Avontuurdag 2012
3 Maart 2012

------------------------
Kenteken Naweek
Mooikrans
27 April – 1 Mei 2012

------------------------
Kamp Wasser Sand
 
Kaapland
 
 
Transvaal
 
Vrystaat
 
Staatmakers
 
Facebook