Die Voortrekkers
.
Jeugraad

Gebiede se jeugrade en die omsendbriewe
Transvaal Vrystaat Kaapland Namibia

Namibia jeugraad 2009/2010

Omsendbriewe sal hier wees eenvan die dae

Doelwitte

Bekendstelling by skole, ouers en PD’s (Voorslagkamp)
Namibië – Ons het die Voorslagtoetsing bygewoon en ook met die graad sewe leerlinge gepraat wat hul die volgende jare kan verwag by die Verkenners. Ons probeer nog om in al die skole wat kinders het in die Voortrekkers ‘n half-erekleure sisteem te implementeer wat gebaseer is op die ABC toekenning om die Voortrekkers te bemark.

Spreek kommunikasielyne aan
Namibië – Met ons Gebiedskamp wat in Augustus was, het ons al die leiers bymekaar gekry, hul kontakbesonderhede en ‘n paar idees wat hul moontlik nog het.

Werwing in gemeenskap
Namibië – Ons probeer om ‘n stalletjie te kry tydens die kermis wat ‘n skool aanbied en ons kry kommando’s om deel te neem aan gemeenskapsprojekte soos stap vir borskanker en stap vir Bybels.

Gesamentlike aksies tussen Voortrekkers en nie-Voortrekkers
Namibië – Met verskeie kampe wat plaasvind kan elke kind ‘n nie-voortrekker bring. Ons het lekker gesels tydens so n kamp en ek dink hul kan nou sien wat is Voortrekkers regtig. Dit is gewoonlik met die finale kamp elke jaar per kommando.

 

Die webwerf is ontwerp deur Doenit.net