Stuur 'n e-pos

E-pos 

Verkenner Kanaalroei en Nagmars 2011


Ja, dit is byna weer tyd vir die veel besproke kanaalroei wat deur Oord Bosveld in een van die kanale van Brits aangebied word. Die doel is om pret te hê, vriendskapsbande te smee en binnebande te ry. Daar is natuurlik ook 'n trofee op die spel.

Dit is nou die tyd om in te skryf en te sorg dat jy dit ook kan mee maak.

Wanneer?? 23 en 24 September 2011. Vrydagaand vanaf 18:00 tot Satdagmiddag 15:00.
Waar ?? Waterwese se saal by die Hartbeespoortdamwal.
Kostes: R100.00 per persoon. (diensdoenende offisiere betaal R60.00)
Aandete, ontbyt en middagete is ingesluit.
Sluitingsdatum: 12 September 2010

Net 150 persone kan toegelaat word.

Program: Vrydag - Registrasie, aandete, skattejag, lekker kuier en bande pomp.
Saterdag - Opstaan (as jy geslaap het), ontbyt en kanaal ry in die lekker verfrissende water van die Hartbeespoortdam, lê in die son en rus, middagete en vertrek huistoe.

Reëlings: Elke 10 verkenners moet deur 'n diensdoenende offisier vergesel word. Elke span moet 'n voertuig met 'n bestuurder met nodige lisensies hê vir die skattejag.
Slegs persone wat die volle tyd daar kan wees word toegelaat.
Inskrywingsgelde moet teen 14 September 2011 ten volle in Koersvaskommando se bankrekening inbetaal wees.

NB. Geen roeispane, kano's of krag aangedrewe bande nie.

Inligting Kanaalroei 2011.rtf
inskrywingsvorm - kanaalroei 2011
Kommando opgaaf 2011.xls
Nuus Flits
Hw/Pw vir 2012
------------------------
Avontuurdag 2012
3 Maart 2012

------------------------
Goudrand GGA
17 - 18 Febr 2012
 
Kaapland
 
 
Transvaal
 
Vrystaat
 
Staatmakers
 
Facebook