Die Voortrekkers
.
Jeugraad

Gebiede se jeugrade en die omsendbriewe
Transvaal Vrystaat Kaapland Namibia

Kaapland jeugraad 2009/2010

Omsendbriewe sal hier wees eenvan die dae

Doelwitte

Bekendstelling by skole, ouers en PD’s (Voorslagkamp)
Kaapland - Wes-Kaap: Daar is jeuglede wat by ons terugvoer gegee het dat hulle by hulle skole gaan gesels het en bietjie bemarking vir Die Voortrekkers gedoen het.
Kaapland – Noord-Kaap: Die gebiedsjeugleiers het ‘n “powerpoint”- aanbieding gemaak en vir die graad sewes gaan wys tydens hul Voorslag kamp. Hulle het ‘n paar liedjies saam gesing en reeds baie navrae gekry oor: Is verkennerlewe regtig so “cool”?

Spreek kommunikasielyne aan
Kaapland – Daar is reeds bulksms in Kimberley opgestel, maar ons werk baie hard daaraan om al die nommers op datum te hou. Ons werk ook daaraan om die e-pos kanaal oop te maak om met al die verskillende streke in kontak te bly.
Kaapland – Wes-Kaap: Ons is alreeds van verlede jaar af besig om die kontakbesonderhede van al ons kommandojeugleiers te versamel en dan ook al die Verkenners in hulle kommando se besonderhede te kry, waarna ons dan ook beoog om ‘n bulksms sisteem op die been te bring wat ons instaat sal stel om in ‘n kort tyd ‘n boodskap by al ons Verkenners te kry.


Werwing in gemeenskap
Kaapland – Wes-Kaap: Ons is tans besig om ‘n groot lofprysingsgeleentheid te reël in die Wes-Kaap waarvoor die publiek ook kaartjies kan koop en dan daardeur ook kan sien wat Die Voortrekkers is en dat ons ook ‘n Christelike beweging is. En aangesien Wes-Kaap nou ook hulle eie klimmuur het word dit gebruik by feeste en geleenthede in die omgewing om Die Voortrekkers te bemark.

Gesamentlike aksies tussen Voortrekkers en nie-Voortrekkers
Kaapland – Wes-Kaap: Ons het dit genoem by ons vergaderings en offisiere het gesê dat ons met hulle daaroor kan kom praat. Die idee was om by ons nagmars wat vroeg volgende kwartaal is spanne van buite af te kry om deel te neem, maar die offisiere het gevoel dat die tyd bietjie min is om dit nou te reël. Hulle was wel van mening dat dit vir volgende jaar ‘n groot moontlikheid is by die nagmars en dan sal ons ook nog onderhandel vir ons vlotvaart.

Inligting oordra aan volgende gebiedsjeugrade
Kaapland – Daar is by ons ‘n lêer gestig waarin alle projekte kontaknommers en inligting ingesit word en wat dan wanneer die volgende jeugleiers by ons oorneem aan hulle oorhandig word.


Namibia
Kaapland
Vrystaat
Transvaal
Die webwerf is ontwerp deur Doenit.net