

Kom jy in 2010 saam kuier by Eduland? Dis 'n belewenis. Lees gerus Christo se brief om bietjie meer uit te vind.
Aansoekvorm vir keuring / Eduland Cirriculum vitae / Toestemmingsbrief van ouer / Uitnodigingsbrief aan Kommando / Verklaring van skoolhoof
Eduland Leierskapsontwikkelings kursus
Dit het alles begin toe my spanoffisier my vertel het van Eduland. Min wetende wat my inwag het ek besluit om in te skryf, maar, voordat ek gekeur kon word om te gaan (net 9 Voortrekkers word landwyd gekeur om die kursus by te woon) moes ek eers ‘n toelatingsbrief van my skoolhoof kry, ‘n CV invul en ‘n onderhoud bywoon.
Daarna het ek die goeie nuus gehoor dat ek gekeur is vir die kamp. Toe vind ek ook uit dit vind plaas in die week van die 20ste Oktober 2008, die week wat ons met ons departementele GTA’s (vir Gr. 9 leerders) moes begin...
Ek kom toe die 20ste daar aan, uitgestres en senuweeagtig. Maar toe die kamp begin was dit eintlik nie so erg as wat ek eers gedink het nie. Daar was kinders van skole regoor die land wat ook die kursus bygewoon het, en in totaal was ons omtrent 33 kinders. Ons was in verskillende spanne opgedeel waarin ons gewerk het, en ook spanbou aktiwiteite, soos byvoorbeeld ‘n hindernis baan gedoen het. Okay ja, ons het baie hard gewerk maar dit was steeds baie lekker. Die aktiwiteite en besprekings het meestal in Engels plaasgevind om almal wat op die kamp was te akkomodeer, dus het my Engels baie verbeter.
In ons aftye kon ons lekker sosialiseer en ek het baie nuwe vriende gemaak. Die kamp was vir my baie verrykend, want ek het ander kulture beter leer ken en verstaan, ek kyk met ‘n meer positiewe gesindheid na die toekoms en my besigheidsin het verseker verbeter. Maar verder gaan ek niks vertel nie behalwe dat dit die beste kamp was waarop ek nog ooit was. Jy sal maar self op die kamp moet gaan om uit te vind wat ons verder gedoen het. Ek sal enige iemand aanbeveel om op die kursus te gaan.
Cristo van Waveren
Die Kruin Kommando