Die Voortrekkers
.
'n Webblad vir Verkenners

Baie welkom by die webblad van die Verkenners! Hier kan jy alles vind wat jy nodig het om voluit Verkenner te wees.

Daar is ‘n bekende Voortrekkerliedjie wat sê: “Verkennertyd is uitspringtyd, leer ken die wêreld wyd en syd”. Dit beteken jy verken, jy verskuif jou grense, jy verbreed jou horisonne, jy verrruim jou kennis – dit alles sodat jy beter toegerus word om die mens te word wat God wil hê jy moet wees.

Verkennertyd is ook jonkweestyd, die tyd waarin mens die lewe voluit en vreesloos kan geniet. Die wyse Prediker het jare gelede al geskryf: “Geniet jou lewe terwyl jy jonk is. Vind vreugde in jou jeug en wat jy ookal sien. Doen wat jy graag wil doen, maar onthou net: God sal van jou rekenskap eis.” Mag Verkennerwees jou toerus om hierdie balans in jou lewe te vind!

Wees vreesloos jonk!

Groete

NK Verkenners